Leonita Coutts | 09 Junie 2024
My Crazy World

Kwali'tyd' of Kwanti'tyd
Hoe meet ons tyd en hoe bepaal ons wat is belangrik?
Dít kom nou by my op, want ek bly besig. Ek voel al skuldig omdat ek sekere 'afdelings' of aktiwiteite in my lewe verskriklik afskeep.
Toe wonder ek nou ... miskien het my priorititeite verander of dalk beteken dit dat ek nie weet hoe om 'n balans te skep nie?
Die uiteinde van die saak was, ek het vrede gemaak... Ek het besef daar is net soveel ure in my dag. Solank dít waarop ek vandag my tyd en aandag bestee het, die beste gekry het van wat ek aan dit kon gee.
Verder.. Die mense wat vir my belangrik is of wie my nodig het, sal ek nooit afskeep nie. Hulle kom altyd eerste, al moet ek al die ander goed agteruitskuif, want sien, dit gaan nie oor hoeveel tyd jy aan die "afdelings" in jou lewe gee nie, maar oor die kwaliteit.
Ons is net mens en elke minuut wat ons iewers belê vat 'n bietjie van ons energie, vat 'n bietjie van ons menswees..
Ons belê dikwels ons hart en siel in baie wat ons doen. So, dit is belangrik dat ons reg kies, aangaande waar of waarin ons, ons tyd gaan belê.
My priorititeite het dus nie verander nie, ek is deesdae net meer selektief.
Vir my is dit wat vrede aan my siel en geestesgesondheid bring, tans die belangrikste. En by the way ...ek haat dit om tyd te mors, want tyd is so kosbaar.
Remember, time is relative, but it is fleeting and it waits for no one!
Leo



