

Te vind in die Julie '23 uitgawe:

Hoeveel keer het ons al die volgende vrae gevra: “Hoekom is ek hier? Wat is my doel op aarde?”
Ek is seker dat almal verskeie antwoorde op hierdie vrae kan gee, maar my persoonlike opinie is dat ons hier is om lief te hê, om soveel liefde te strooi en te deel as wat ons moontlik kan. Ek verwys dikwels daarna as, “jy moet 'n ligdraer wees” en kan dus wyd geïnterpreteer word. Klink dalk vir baie soos 'n “kop in die wolke” denkwyse of opinie, maar laat my toe om verder uit te brei…
Hoekom sal daar van ons verwag word om na iets so eenvoudig te strewe? Wel, omdat dit eintlik baie meer ingewikkeld is as wat ons regtig besef.
Die woord “liefde” en “om te lief te wees” is nie net van toepassing op dié mense wat ons elke dag ons lewens mee deel of wat aan ons bekend is nie. Dit is nie gebonde aan die luuksheid van 'n keuse nie, al dink ons dikwels so. Dit is maklik om lief te wees vir mense wat aan ons verbind is en wat ons ons self mee kan vereenselwig. Natuurlik is dit nóg makliker om lief te wees vir mense wanneer hulle perfek inpas in die “boksies” wat ons as riglyne daar geplaas het. “Ek is lief vir jou, maar…”
Ons dink dit is maklik om lief te hê, maar hoe moeilik raak dit “om lief te wees” wanneer mense afwyk van dit wat deur ons as aanvaarbaar beskou word. Wanneer daar opofferings gemaak moet word. Wanneer ons
geduld beproef word en jy die heeltyd moet gee en niks ontvang nie?
Daar kan nog vele voorbeelde genoem word waar ons as mens hopeloos faal want “om lief te wees” omvat soveel. Daar is verskeie aspekte daaraan verbonde. Dit raak diep en ons menswees word op die proef gestel. Die verbintenis tussen ons hart, verstand, morele kompas en natuurlik ons logika, word tot die uiterste getoets. Ons is mens … vlees en bloed, deurdrenk met imperfeksies, maar dikwels glo ons, ons is perfek.
Ons glo dat ons liefde verdien, maar kan óns onvoorwaardelik lief hê?
Ek keer terug na my opinie: Ons doel op aarde is om lief te hê…
Hoe maklik is dit om mense lief te hê wat anders is as jy, wat links neuk terwyl jy regs wil gaan, wat jou intellektueel uitdaag en maak dat jy jou hare uit jou kop uit wil trek?
Hoe maklik is dit om 'n vreemdeling geliefd te laat voel?...
Liefde en Lig!


