top of page

Te vind in die September '23 uitgawe:

KM Volume1 Uitgawe6 - Cover.jpg
Uitg 6 - Inhoud.png
Uitg 6 - Redak Image.png

September het spesiale betekenis vir my.

Behalwe dat dit gewoonlik met groei en 'nuwe beloftes' geassosieer word (begin van Lente) is dit ook my geboortemaand.

As ons bietjie teruggaan in tyd, net vir interessantheid:                                                Die naam September kom van die ou Romeinse woord 'septem', wat sewe beteken, want in die Romeinse kalender was dit die sewende maand. Die Anglo-Saksers het dit 'Gerst Monath' (Garsmaand) genoem, want dit was hul tyd toe hulle gars ge-oes het om hul gunsteling drankie te maak, garsbrou. Hulle het dit ook 'Haefest monath' of Oesmaand, genoem.

Die Romeine het ook geglo dat die maand September deur die god, Vulcanus, regeer word en het hulle dus verwag dat September geassosieer sou word met brande, vulkaniese uitbarstings en aardbewings.

Wel, wel, wel … die laaste deel laat my dink. As jy in die Wes-Kaap woon soos ek, dan is ek seker daarvan dat julle ook verstom staan oor die vreemde weer wat ons tans ondervind. Mense wat in die Noord-Kaap woon ervaar weer buitengewone warm klimaatstoestande en verskriklike veldbrande. Dit is hartverskeurend, want daar is ook 'n tekort aan water.

'n Mens kan Biblies of Wetenskaplik gaan met die bogenoemde, maar die slotsom is dat daar faktore buite ons beheer aan die werk is.
 


Dit tref my dus … dieper as gewoonlik: Die besef dat ons as mens klein en nietig is. Ongeag wat, ons is almal afhanklik van genade. Ons kan planne maak, maar daar is geen versekering dat dit waaraan ons so lustig werk óf beplan werklik gaan realiseer nie … tog, is ons altyd optimisties met ons geloof groter as 'n mosterdsaadjie.

September, September … dat jy my nou so diep laat dink.

Dit storm tans buite en op my foon waarsku hulle van oorstromings. Ek reken my wintersklere sal vir nog 'n tydjie langer in my kas moet kuier. Waar julle, jul ookal mag bevind; wees veilig.


Liefde en Lig aan almal!

Leonita Coutts

Leonita Coutts

Klik hier Button.png
bottom of page